Die Boaz World Word Project Stigting het in 1995 tot stand gekom; die doel is die verspreiding van Bybelse boodskappe, tuis sowel as in die buiteland. Deurslaggewend hiertoe, was die woorde van die Messias Yeshua, soos ons dit lees in Johannes 5:39: ‘Julle ondersoek die Skrif, omdat julle dink dat julle die ewige lewe daarin kry. En dit is juis die Skrif wat oor My getuig.’ Yeshua het met hierdie woorde verwys na die Messias tekste in die Tanakh waarmee Hy Sy dissipels geleer het. Op hierdie wyse het hulle alles omtrent die Messias geleer. Dit is baie belangrike om te weet na watter Heilige tekste Messias Yeshua verwys het. Die verse is gemik op die profesieë in die Tanakh (OT) waardeur die Here God sy plan oor die beloofde Messias aan Israel, Sy mense, bekend gemaak het.
Wil U graag meer weet oor die Messias in die Heilige Woord? Indien wel, neem asseblief kennis van die volgende boek:
The Messiah Revealed in the Holy Scriptures - Outeur: Hendrik Schipper – Meer as 300 tekste oor die Messias in die Tanakh (OT) verduidelik.
Om sy doel te bereik, het die Stigting ‘n boek gepubliseer wat meer as 300 Messias tekste uit die Tanakh/Torah bevat wat direk of indirek met die beloofde Messias verband hou. Die betrokke tekste word verduidelik en verklaar deur verwante tekste in die Nuwe Testament. Die boek is ‘n unieke Bybelstudie boek en ‘n unieke verwysingsboek met Bybelse tekste. Die boek is saamgestel deur Hendrik Schipper en is getitel, The Messiah Revealed in the Holy Scriptures.
U kan al die uitgawes van die boek op ons webtuiste lees of aflaai.
Navigate to your own language: AFRICAN – ALBANIAN – ARABIC – BENGALI – BULGARIAN – CHINESE (SIMPL.) – CHINESE (TRAD.) – CZECH – DANISH – DUTCH - ENGLISH – FARSI – FINNISH – FRENCH – GERMAN – GREEK – HEBREW – HINDI – HUNGARIAN – INDONESIAN – ITALIAN – JAPANESE -KOREAN – NORWEGIAN – POLISH – PORTUGUESE – ROMANIAN – RUSSIAN – SPANISH – SWAHILI – SWEDISH – TAMIL – THAI – TURKISH – VIETNAMESE
The book "The Messiah Revealed in the Holy Scriptures" is also available in the languages AMHARIC, MARATHI, NEPALESE, TAGALOG, YIDDISH, XHOSA and ZULU.